TIENERZONE TALENT TELEVISIEREEKS

Vrydae om 17:30 en Dinsdae om 16:00 op Kruiskyk TV. Sondae om 11:00 op Kyknet musiek (Solis vir Christus) - waar onsgeslypte diamante geslyp word...

Welkom by die amptelike webtuiste van Tienerzone!

Dit is vir ons 'n wondelike voorreg om aan te kondig dat Tienerzone alreeds in sy 9de reeks se verfilming is!

Tienerzone is 'n Christelike gebasseerde tiener program wat fokus op die lewe soos dit deur Tieners regoor Suid-Afrika en Namibie gesien word. Gedurende die reeks word daar talentvolle skole in die plattelandse dorpies van ons land besoek, om die versteekte talent te ontdek!

Die program bied hope verassings, en gee skole sowel as leerlinge die geleenhteid om hulle talente ten toon te stel op nasionale vlak!

Die kykertal groei weekliks, en saam met hierdie reeks word daar die sang kompetisie "Solis vir Christus," aangebied, waar plattelandse leerlinge wat presteer op sang gebied kan deelneem vir pryse ter waarde van meer as R70 000 wat in die finale rondte van hierdie reeks gewen kan word.

Die pryse sluit onder meer 'n opname kontrak en die vervaardiging van 'n musiekvideo in.

Tienerzone word aangebied deur die talentvolle tiener ster, Anthonie Bougas, wie bekendheid verwerf het in die televisie reeks "Supersterre" op Sabc 2 gedurende 2007. Anthonie se nuutste cd "Foto in 'n raam," is al uitgereik en vaar baie goed! Gedurende die opnames by skole, deel Anthonie ook sy talent met die gehoor!

Skakel Vrydag om 17:30 en Dinsdae om 16:00 in op die televisie kanaal Kruiskyk.

Die finale van "Solis vir Christus" word ook nou elke Sondag oggend tussen 11 en 12 uitgesaai op Kyknet musiek, kanaal 146 op DSTV.

Anthonie en die Ooskaap Junior Kinderkoor

Anthonie het saam met die Ooskaap se Junior Kinderkoor 'n musiekvideo opgeneem van die lied, "Die Kind is gebore," kyk gerus uit vir hierdie musiekvideo op televisie gedurende Desember,

kliek ook op die link hieronder om self na die musiekvideo te kyk:

SOLIS VIR CHRISTUS NOU OP KYKNET MUSIEK (146)

Solis vir Christus word aangebied saam met die verfilming van Tienerzone en word nou uitgesaai op beide Kruiskyk (Vrydae om 17:30) en Kyknet musiek (Sondae tussen 11 en 12).

Pryse ter waarde van meer as R70 000 kan gewen word in elke reeks.

Gedurende elke episode gaan daar 'n paar finaliste deur na die finale rondte, wat aan die einde van die reeks uitgesaai word. Hierdie asemrowende geleentheid bied dan die betrokke finaliste die kans om op te tree voor 'n reuse gehoor, 'n professionele kamerspan en die betrokke beoordelaars, om uit te sing vir die algehele wenner in die senior en in die junior kategoriee.

Die algehele wenner word bepaal die gehoor se stemme (50%) en die beoordelaars (50%).




ANTHONIE WEN BOKKIE TOEKENNING!!

Op 9 Oktober 2012, het 4700 toeskouers by die Grand West arena bymekaar gekom vir die jaarlikse Bokkie toekennings aangebied deur die gewilde Wes-Kaapse radiostasie, Bokradio.

Anthonie is genomineer in 2 kategoriƫ naamlik gewildste manlike kunstenaar en gewildste liedjie vir Hartsoldaat.

Die gewildste liedjie van die jaar staan bekend as een van die grootste toekennings, en Anthonie was in die bevoorregte posisie om as wenner van hierdie kategorie weg te loop.

SOLIS VIR CHRISTUS WENNER VERSKYN EERSDAAGS OP NOOT VIR NOOT!!!!

Danielle de Villiers, wat bekendheid verwerf het tydens die eerste reeks van Solis vir Christus, verskyn eersdaags op NOOT VIR NOOIT!

Danielle is afkomstig van die pragtige dorpie, Villiersdorp in die Wes-Kaap, en nadat sy as algehele wenner by Solis vir Christus aangewys is, beweeg haar sangloopbaan net van krag tot krag.

Ons is baie trots op haar, en hou haar sangloopbaan dop met groot belangstelling,

baie geluk Danielle!

KRUISKYK TELEVISIE

Kruiskyk TV is die Afrikaanse 24 uur Christelike kanaal wat op die Pas 7 Netwerk aangebring word.

Kykers met die DSTV dekodeerder kan inskakel en die 24uur kykergenot geniet!

Kruiskyk verskaf goeie nuus in jou taal en kan in die hele Suiderlike deel van Afrika gekyk word.

Besoek gerus
www.kruiskyk.tv , en kliek op dekodeerder om die kanaal in te stel.

Jy kan ook 'n vriend en vennoot van Kruiskyk word! Besoek gerus die webtuiste en word deel van die Kruiskyk familie!

EPISODE DVD'S KAN NOU OOK BESTEL WORD!

Jy kan nou jou gunstelling episodes op dvd bestel! Stuur slegs 'n sms met die woord "Tienerzonedvd" na +27 72 3000759, of epos na rensche.bougas@gmail.com .

Daar is ook 'n dvd wat die hele reeks insluit beskikbaar.

Tienerzone Facebook blad

Sluit gerus aan by die Tienerzone facebook bladsy deur op die volgende link te kliek:
https://www.facebook.com/groups/143279399017055/

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...

Rina Prinsloo | Reply 20.04.2014 11.38

Ek wil graag my twee dogters inskryf hoe gaan mens te werk? Dis die eerste maal wat ons van die program en kompetiesie hoor!!

Anthonie 20.04.2014 14.12

Hi! Indien u vir my n kontakpersoon by u dogters se skool kan aanstuur en skoolnaam, kan ons hulle nader om deel te neem aan die volgende reeks van Tienerzone.

Ida | Reply 18.04.2014 06.55

Baie dankie aan Anthonie en sy span van Tienerzonetv vir 'n wonderlike aand by Witpoort Laerskool.

Mari-Susan | Reply 20.03.2014 23.09

Welkom by Gereformeerde Skool Dirk Postma. Ons is bly julle het vandag by ons gekuier! Trotse Dirkies!

Dollie van Vuuren | Reply 13.03.2014 20.25

Tuinrand opname 12 Maart was awesome. Albei my kids het deelgeneem

Cornel van der Merwe | Reply 05.03.2014 07.00

Anthonie jy en jou span was uistekend gewees gisteraand. Die kinders van Nesher Privaatskool en Wysneusies Kleuterskool was so oulik en het dit so geniet. Dankie vir die manier waarop jy met die kinders werk en hulle inspireer. Gaan voort met die goeie we

Alecia | Reply 14.01.2014 16.33

Ons is nie tevrede met die program Tienerzone nie... hoe kan jul die wereld se musiek speel en spiderman en al daai as n hero aanskou maar die Here word nie so aanskou as ons Hero nie..

Tienerzone kantoor 14.01.2014 16.48

Hi! Die Tienerzone span besoek Christen skole om daardie kinders n kans in die lewe te bied om hulle Godgegewe talente bloot te stel, jammer dat U so voel.

justin monroe | Reply 31.10.2013 03.43

Dankie dat jy by george voorberydin skool was ek dink die kinders ht dit baie geniet. Jy kn my op bbm invite 237F23B9 of jy kn my op whatsapp add 0746414808

Chrizanne | Reply 22.10.2013 08.37

Dankie vir die geleentheid wat jy , Anthonie, vir ons kinders gebied het met die konsert, hulle was almal uitstekend gewees.

See all comments

| Reply

Latest comments

Today | 14:56

Ek is baie lief vir jou Anthonie bougas love you..........................

...
22.04 | 13:15

Ek kan nie die video oopmaak nie en ook nie die flash player aflaai nie. Help!

...
20.04 | 14:12

Hi! Indien u vir my n kontakpersoon by u dogters se skool kan aanstuur en skoolnaam, kan ons hulle nader om deel te neem aan die volgende reeks van Tienerzone.

...
20.04 | 11:38

Ek wil graag my twee dogters inskryf hoe gaan mens te werk? Dis die eerste maal wat ons van die program en kompetiesie hoor!!

...
You liked this page